Rugby: Haaie sê Eben Etzebeth waai nie

Rugby: Die eienaar van die Haaie,  Marco Masotti, het ondersteuners verseker Eben Etzebeth sal hulle nie verlaat nie. Dit volg nadat die Springbokkaptein, Siya Kolisi, ‘n kontrak met die Franse klub Racing gesluit het om daar te speel. Die 31-jarige Kolisi sal hom by sy spanmaats Trevor Nyakane en Warrick Gelant in Parys aansluit. Masotti sê hy aanvaar Kolisi se besluit en meen dit sal die Haaie se posisie in Europa versterk. Hy het bespiegelings verwerp Etzebeth kan volg en sê die Haaie sal dié reuse slot behou.