Rugby: Dis Ellispark, dis net na 5…

Die Springbokke kan vanmiddag vir die eerste keer sedert 2009 twee toetse na mekaar teen die All Blacks wen, maar ‘n nederlaag op hulle tuisveld op Ellispark sal ‘n groot terugslag vir die Bokke se planne vir die 2023 Rugby Wêreldbeker in Frankryk wees. Die voormalige kaptein van die All Blacks, Kieran Read beskryf Ellispark as die moeilikste plek om te wen. Na Reed se mees onvergeetlike toets, die oorwinnng van 38-27 teen die Bokke in 2013, het hy die ondersteuners as ‘maniakke’ beskryf. Die kragmeting skop net na vyf af.