Rugby: Bokke gereed vir taai stryd teen Pumas
Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Mzwandile Stick, sê die span is gereed vir ‘n brutale stryd teen die Pumas in ‘n opwarmingswedstryd vir die Wêreldbeker vanaand in Buenos Aires. Die plaasvervanger-haker van Argentinië, Agustin Creevy, gaan die eerste speler ooit in die die land se rugbygeskiedenis wees om ‘n honderd toetswedstryde te speel. Die Springbokke weet egter hulle moet nog baie doen voor hulle na Frankryk vir die Wêreldbeker vertrek. Vanaand se wedstryd skop om tien oor nege af.