Ruach Elohim kry hul sewende baba in baba-boks

Die Ruach Elohim-stigting het onlangs hul sewende baba in hul baba-boks op Swakopmund ontvang. Die stigting fokus op die bewusmaking van baba-stortings, asook die versorging van ongewenste, verlate, mishandelde en verwaarloosde babas in Namibië. Ruach Elohim wat “Asem van God” beteken, doen ‘n pleidooi aan moeders wat ongewenste babas het ,om nie hul babas weg te gooi nie en hulle eerder in hul bababoks te sit. Dit is geleë op die hoek van Dr. Schwietering- en Bottle Tree-straat in Ocean View op Swakopmund. Ronel en Dick Peters is die stigters van die stigting. Ronel gesels met Kosmos 94.1 Nuus.