Rough & Tough samel N$650 000 in vir kankervereniging

Die Rough & Tough-tydren wat op Goanikontes Oasis die naweek plaasgevind het, het 650 000 Namibiese dollar vir die Kankervereniging ingesamel. Die fondse sal aangewend word vir kanker-klinieke, soos die vereniging se hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, verduidelik.