Rou riool lei tot klag by menseregtekommissie

Die DA in Limpopo sê hy gaan ‘n klagte by die Menseregtekommissie indien teen die Letaba-munisipaliteit se waarnemende bestuurder, Matome Lekhotha. Jacques Smalle van die party sê die klagte hou verband met Lekhotha se voortslepende onvermoë om die riool-lekplekke tussen huise in Mokgoba reg te maak. Hy sê hulle het rioolpype gevind wat óf verstop is óf lek en dreine wat oorloop: