Rosh Pinah-pad: RA weet daarvan en herstelwerk begin binnekort

Die Namibiese Paaieowerheid is wel bewus van die kraak op die Rosh Pinah-pad wat weer die naweek op sosiale media gedeel is. Die pad is volgens die owerheid se hoof uitvoerende beampte Conrad Lutombi reeds in Februarie beskadig na goeie neerslae die Oranjerivier laat vloed het. Lutombi sê die voorbereidings vir die herstel van die pad is reeds gedoen.