Rosh Pinah-Aussenkehr roete gesluit weens oorstroming

Die Padowerheid het die roete vanaf Rosh Pinah na Aussenkehr, die DR212 tot verdere kennisgewing gesluit. Die stap is genoodsaak deur oorstroming op verskeie dele van die roete as gevolg van die hoë watervlakke in die Oranjerivier. Na swaar reën in Suid-Afrika is sluise by verskeie damme oopgetrek. Die owerheid maan gebruikers om eerder die Keetmanshoop-Aus-Rosh Pinah-roete te gebruik. Die owerheid sê hy monitor ook tans die stand van sake op MR118 vanaf Rosh Pinah na Oranjemund. Die publiek sal dienooreenkomstig ingelig word indien die behoefte ontstaan om ook hierdie pad om veiligheidsredes te sluit.