Rory is gereed vir die Britse Ope

Die tuiste van gholf, St. Andrews in Skotland, verwelkom van vandag die wêreld se bestes in die Britse Ope wat sy 150ste bestaansjaar vier. Een van die gunstelinge om die titel te wen is Rory McIlroy van Noord-Ierland. Die wêreld nommer twee het die toernooi in 2014 gewen en die Amerikaanse PGA-kampioenskap ‘n maand later, maar kon sedertdien nog niks byvoeg tot sy versameling van vier major-titels nie.