Rooilyn word vanaand openbaar deur AR bespreek

Die Affirmative Repositioning-beweging hou vanaand om ses-uur ‘n openbare dialoog oor die Rooilyn by die Katutura Jeugkompleks in die hoofstad. Lede van die publiek word uitgenooi om dit by te woon en hul menings oor die kordonheining uit te spreek. Die beweging se leier Job Amupanda daag die bestaan van die rooilyn in die hof uit en daarom is sy prokureur, Kadhila Amoomo ook teenwordig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Dit sal ook regstreeks op die beweging se Facebook-blad uitgesaai word.