Rooilyn kan gaan, maar mark moet behoue bly – Venaani

Die president van die PDM-party McHenry Venaani sê die veterinêre kordonheining moet op so manier verwyder word dat die internasionale mark vir Namibiese beesvleis behoue bly. Die party het sy sentrale komitee vergadering in die hoofstad gehou. Volgens Venaani kan die sogenaamde rooilyn net verwyder word as daar ‘n voldoende buffer tussen Namibië en Angola is. Hy sê die boere noord van die rooilyn het ook ‘n reg om kommersieel te boer en vleis uit te voer maar, Angola oefen nie beheer oor bek- en klouseer uit nie. Venaani besit twee plase en is self ‘n beesvleis produsent. Sy aanmerkings kom na die van Job Amupanda wat die regering wil hof toe sleep oor die verwydering van die rooilyn wat hy as ‘n apartheid-instelling beskryf.