Rooies word vervolg, aansoek van die hand gewys

Oudlanddros Walter ‘Rooies’ Mostert het misluk in sy aansoek om sy vervolging ter syde te stel. Regter Orben Sibeya het in sy uitspraak gesê Mostert se aansoek kom nie uit die blokke uit nie. Hy sê Mostert maak melding van die vertraging in die saak wat met klagtes van onder andere, korrupsie, verband hou, en sê dit skend sy regte maar, in Sibeya se mening is die aansoek teenstrydig daarmee. Die gronde waarop hy die aansoek gebring het is ook heeltemal verwyderd van die bevel wat hy soek. Hy sê inteendeel, dit kom voor asof Mostert nie wil hê die saak moet begin nie en dat hy self die vertragings veroorsaak. Hy het geen kostebevel gemaak nie omdat die respondente, wat die regering en ander agentskapp insluit, nie by die hofreëls en skedule gehou het nie en hy meen dus, verdien hulle nie ‘n kostebevel nie.