Rooies sal vasgetrek word

Nampol se streeksbevelvoerder vir Khomas, kommissaris Ismael Basson sê dat Walter ‘Rooies’ Mostert weer in hegtenis geneem sal word. Hy het aan plaaslike media gesê, as hy lewe, sal ons hom vang. Mostert, 62, het Vrydagmiddag, na hy in die hof verskyn het, uit die Auas Hills-hospitaal ontsnap en is steeds weg soos mis voor die son. Hy was in aanhouding op klagte van bedrog nadat hy na bewering ‘n Suid-Afrikaanse familie wou help om burgerskap in Namibië te bekom, teen betaling. Basson sê talle beamptes is ontplooi en hy sal opgespoor word.