Rooies het spoorloos verdwyn

Dit wil voorkom asof die oudlanddros en bedrog-beskuldigde Walter ‘Rooies’ Mostert spoorloos verdwyn het. Die 62-jarige het onlangs uit die Auas Hills-hospitaal ontsnap en kriminele klagte is teen inspekteur Reinhold Nekavu, 51, in die verband gebring. Daardie saak is tot 27 Januarie uitgestel. Die Khomas-bevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan plaaslike media gesê dat dit moontlik is dat Mostert na Suid-Afrika gevlug het maar dit is nie bevestig nie. Mostert is op 1 Mei vanjaar op Tses in hegtenis geneem nadat hy teruggekeer het Namibië toe.