Rooibos help om depressie af te weer

Meer wetenskaplike navorsing steun die belangrikheid van ‘n gesonde leefwyse en dit sluit die drink van tee in as ‘n manier om depressie af te weer. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, Adele du Toit, sê navorsers van een studie het bevind elke drie koppies rooibostee wat per dag gedrink word, verminder die relatiewe risiko van depressie met 37-persent. Wetenskaplikes van die Universiteit van Stellenbosch het bevind rooibostee bevat twee seldsame anti-oksidante, aspalatien en notafagien, wat help om stres te bestry. Sy sê ‘n koppie rooibostee kan in Geestesgesondheidsmaand dalk tot ‘n teeliefhebber se redding kom: