Roetine-inentings in Afrika vertraag

Die Wêreldgesondheidsorganisasie in die Afrika-streek sê tien-miljoene mense kry steeds nie hulle geskeduleerde inentings teen siektes in Afrika wat met entstowwe verhoed kan word nie. Oor die afgelope jaar het uitbrekings van hierdie siektes in die streek toegeneem. Benido Impouma van die WGO sê tussen Januarie en Maart vanjaar is ongeveer 17 500 gevalle van masels aangeteken: