Roete môre vanaf parlementstuine na Onafhanklikheidstadion

Brigadier-generaal Rehabiam Kalimba van die Namibiese Weermag het die roete aangekondig van die optog wat môre president Hage Geingob se oorskot sal vervoer. Die optog sal van die parlementstuine na die Onafhanklikheidstadion beweeg vir die gedenkdiens, waarna die liggaam in staatsie sal lê. Die optog sal by die parlementstuine begin en beweeg in Robert Mugabelaan -Sam Nujoma-rylaan – Hosea Kutako-rylaan- Auasweg-Sean Mcbridestraat-Liechtensteinstraat-Softballstraat en dan Rugbystraat.

Die optog sal na verwagting om kwart-voor-twee môre middag by die Onafhanklikheidstadion aankom.