Roekelose besteding in Oos-Kaap

Die provinsiale tesourie in die Oos-Kaap ondersoek die beweerde roekelose besteding van die Oos-Kaapse Landelike Ontwikkelingsagentskap. ‘n DA-lid van die wetgewer, Retief Odendaal, sê dit volg nadat die party die agentskap se gebruik om onversekerde lenings toe te staan aan die lig gebring het. Die lenings teen belaglike lae rentekoerse het miljoene Namibiese dollar verlore laat gaan. Hy sê die DA het ook die Nasionale Tesourie genader om ondersoek in te stel na die wettigheid van ander uitleenpraktyke.