Roebel verswak met 30%, Zelensky en Putin ontmoet dalk, nog sanksies

Te midde van die nuus dat Russiese President Vladimir Putin sy kernwapen-magte op ‘n hoë gereedheidsbasis geplaas het en dat daar moontlik vandag ‘n vergadering tussen hom en die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky op die grens met Belarus kan plaasvind, het die Russiese roebel vanoggend op Asiatiese markte met byna 30 persent tot ‘n nuwe rekord-laagtepunt teenoor die Amerikaanse dollar verswak. Een roebel is nou 0,012 Amerikaanse dollar werd. Intussen het die Europese Unie gesê hy versterk sy ondersteuning aan Oekraïne deur die aankope en aflewering van wapens en toerusting te finansier. Dit is die eerste keer dat die EU dit vir ‘n land doen wat aangeval word. Dit verskerp ook sanksies teen Rusland. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê die sanksies sluit in die sluiting van die EU se lugruim vir vliegtuie in Russiese besit, of wat in dié land geregistreer of beheer word. Dit sluit privaat stralers van oliemagnate in: