Rodriquez sterf in Detroit

Sixto Diaz Rodriguez, die legendariese sanger-liedjieskrywer, is dood. Hy was 81. SugarMan.org, Rodriguez se amptelike blog en webwerf, het vandag sy dood bevestig. Sy dogter Sandra het bevestig dat hy Donderdagnamiddag om half-vyf Detroit-tyd in Amerika oorlede is. Rodriguez was ‘n geruime tyd voor sy dood siek nadat hy ‘n beroerte gehad het. Die Sugar Man-sanger het verlede maand 81 geword en het dit met ‘n byeenkoms van musikante in Detroit gevier.