Rocky Crest huiseienaars vind dooie baba van huishulp

Eienaars van ‘n huis in Rocky Crest in die hoofstad het ‘n nare ontdekking gemaak toe hulle ‘n onaangename reuk rondom hul huis gekry het. Met verdere ondersoek in die huishulp se kamer, het hulle op ‘n die liggaam van ‘n babameisie afgekom wie se maag oopgesny en die binnegoed verwyder is. Volgens die Namibiese polisie het die 26-jarige huishulp vermoedelik geboorte aan die baba geskenk, haar in ‘n plastieksak toegedraai, en later die binnegoed uitgehaal en in die asdrom weggegooi waar dit gevind is. Die huishulp word van moord en regsverydeling aangekla. Verskeie aktiviste meen dit is weer bewys daarvan dat aborsie in die land gewettig moet word.