Ritslyn by Caledon gaan langste in die wêreld wees

Die K3-ritslyn in die berge digby Caledon in die Wes-Kaapse Overberg sal teen vyf kilometer lank ná voltooiing die langste in die wêreld wees. Fase een van die projek begin dié somer. Adrenalienverslaafdes sal vir meer as drie kilometer teen vinniger as 100 kilometer per uur kan blits. By sy hoogste punt is dié ritslyn 500 meter bo die grond. Die K3 is ‘n gesamentlike projek van SA Forest Adentures en Mossel Bay Zipline. Clinton Lerm, besturende direkteur, sê Suid-Afrika is ‘n top-toeristebestemming en kan met gemak meeding teen lande soos Nieu-Seeland en Kanada.