Ripper die eend, kan praat…

‘n Nederlandse wetenskaplike Carel Ten Cate het ‘n opname van die vroeë Tagtigerjare opgespoor waar ‘n muskus-eend praat. Jy het reg gehoor. Die muskus-eend praat. Ten Cate het eers gedink dis ‘n vervalste opname maar het die ornitoloog wat dit gemaak het, Peter Fullagar, opgespoor. Die eend, ‘Ripper’ het saam met mense in Australië gewoon en kon ook verskeie klanke, soos ‘n deur wat toemaak, na-aap. Ten Cate sê dit is algemeen vir talle voëlspesies om klanke na te aap maar dit is nie algemeen in eende nie. Ripper sê ‘you bloody fool’, nogal met ‘n ligte Australiese aksent… hoor hier…