Rioolaanleg by Ongwediva beskadig deur brande

Brandstigting is volgens berigte die oorsaak van groot skade by die rioolaanleg van die Ongwediva dorpsraad. Oksidasiedamme vorm deel van die stelsel. Die damme gebruik ‘n natuurlike proses om water te suiwer en visspesies en rietbeddings vorm deel daarvan. Daar was reeds 54 brande in en om die dorp sedert Januarie. Jackson Muma, woordvoerder van die dorpsraad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.