Rihanna s nasionale held in Barbados verklaar

Die regering van Barbados het die plaaslik-gebore internasionale sangster, Rihanna, tot nasionale held verklaar ten tye van die Karibiese eiland-nasie se viering van sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk. Barbados het ‘n republiek geword toe Koningin Elizabeth as staatshoof verwyder is. Eerste minister, Mia Mottley, het die ere-toekenning aan die 33-jarige Robyn Rihanna Fenty oorhandig tydens ‘n seremonie in Bridgetown. Die kunstenaar dra die eretitel as die land se ambassadeur vir kultuur en die jeug reeds vir die afgelope drie jaar.