Rian skakel mikrofoon einde Junie af

Na ‘n dekade van gesprekke, skakel Jacaranda FM se Scenic Drive-aanbieder, Rian van Heerden, sy mikrofoon vir die laaste keer op 30 Junie vanjaar af. Berigte uit die buurland lui dat dit ‘n wedersydse besluit tussen Van Heerden en Jacaranda FM is. Hy sal na verwagting fokus op sy uiters suksesvolle Showmax-reeks ‘Seks in Afrikaans’. Van Heerden het Suid-Afrikaners bedank en sê ‘dankie dat jy deur die jare saam met my gestem het, gelag het, gedeel het, gedebatteer het, en nie saamgestem het nie’.