Reuse-verliese vir SA oor VK se rooilys

Die Verenigde Koninkryk se besluit om Suid-Afrika op sy rooilys te hou, veroorsaak na raming ‘n verlies van 26 miljoen rand per dag in reis- en handelsinkomste. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos, sê die stad is gereed as ‘n reisbestemming en inentingsveldtogte is suksesvol uitgevoer. Hy sê hy sal die saak met die Britse hoë kommissaris bespreek.