Reuse-suksesse vir taakmag wat op noordelike KZN-grens werk

Daar is tot dusver groot suksesse behaal met die spesiale taakmag wat daargestel is om voertuigsmokkelary op die noordelike grens van KwaZulu-Natal aan te spreek. Uit die buurland word berig dat die 44-jarige Vusi Malwane, die hoof van die sindikaat pas 55 jaar tronkstraf gekry het vir ontvoering, roof, die kaping van voertuie en die besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê hy het in 2014 ontsnap en is op 9 Mei deur die taakmag gearresteer. Sy sê ook groot suksesse in die afgelope vier maande, toe die taakmag sy werk begin het, gehaal.