Reuse-sportveld vir Ondangwa

Die Ondangwa-dorpsraad gaan die grootste sportveld in die Noorde met ‘n bedrag van 70 miljoen Namibiese dollar bou as deel van die ontwikkeling van sport-infrastruktuur in die dorp. Die sportveld sal oos van die Andimba Toivo ya Toivo-lughawe geleë wees. Die konstruksie sal oor vyf jaar gedoen word en na verwagting in Julie begin.