Reuse-optog in Frankryk verwag

Onderwysers, gas- en elektrisiteitswerkers, treindrywers en nywerheidswerkers sal na verwagting vandag betoog teen die regering se plan om die pensioen-ouderdom van 62 tot 64 te verhoog. Meer as ‘n miljoen mense word by betogings in Parys en ander stede verwag. Die meeste trein- en metro-dienste is gekanselleer, talle skole is gesluit en vertragings en kansellasies van vlugte word verwag. President Emmanuel Macron beskryf die pensioen-hervorming as noodsaaklik omdat tekorte in die land se pensioenstelsel oor die volgende 25 jaar voorspel word.