Reuse-ongeluk in KwaZulu-Natal

In die buurland was altesaam 47 voertuie vandag betrokke in ‘n botsing in die Umhlanga Ridge-gebied in KwaZulu-Natal. ‘n Volgelaaide vragmotor het in verskeie ligte motorvoertuie ingeploeg op die M41-oprit na die M4 suidwaarts. Verskeie nooddienste het op die ongeluk gereageer. Emer-G-Med se woordvoerder, Kyle van Reenen, sê paramedici het absolute chaos op die toneel aangetref.