Reuse-goudbron by Twin Hills, Navachab, bevestig

Die Kanadese mynreus, Osino Resources, het die grootste goudbron in die streek, buite die bronne in Suid-Afrika se Witwatersrand, by Twin Hills naby Navachab gemaak. Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof, Heye Daun is die ontdekking een van die top-28 ontdekkings in die afgelope tien jaar. Volgens berigte word daar verwag dat die bron, wat tans op 2,7 miljoen onse beraam word, uitgebrei kan word tot 4 miljoen onse. Daun voeg by dat die projek tussen 100 000 en 200 000 onse jaarliks kan ontgin en dat die myn ‘n lewensduur van tien tot 15 jaar sal hê.