Reuse, 6,8 aardbewing in Marokko

’n Kragtige aardbewing wat 6,8 op die Richterskaal gemeet het, het Marokko se Atlas-berge getref. Owerhede sê tot dusver is 296 mense dood met 153 beseer. Die ministerie van binnelandse sake sê die getal is voorlopig en die meeste sterftes was in berggebiede wat moeilik bereikbaar is. Inwoners van Marrakech, die naaste groot stad aan die episentrum, sê sommige geboue het ineengestort in die ou stad, ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied.