Resessie in die VSA nie noodwendig onvermydelik nie

Inflasie in die VSA het in Junie op 9,1 persent ingekom en volgens President Joe Biden is dit onaanvaarbaar hoog. Die Federale Reserwebank sal na verwagting rentekoerse verder opstoot in ‘n poging om geld uit die mark te hou en inflasie te beperk, maar, daar is groot kommer oor ‘n moontlike resessie in die VSA, wat ook op die oomblik die olieprys afdwing. Die land se minister van finansies, Janet Yellen sê terwyl daar druk is, is ‘n resessie nie noodwendig onvermydelik nie.