Republikeine vat die Huis

Republikeine het die meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers bevestig met 218 stemme teenoor die Demokrate se 211. Ses setels is tot op hede nog nie verklaar nie. Kenneth McCarthy is deur die Republikeine se huis-konferensie as leier verkies. McCarthy is tans besig om ondersteuning te werf vir die posisie van speaker. Kenners meen dat dinge in die Amerikaanse regering nou redelik stadig sal beweeg met die Senaat wat deur die Demokrate verower is en die Republikeine wat die Huis beheer. President Joe Biden het reeds onderneem om met die Republikeine saam te werk maar Republikeine wil reeds ‘n ondersoek van stapel stuur na sy seun Hunter se bedrywighede.