Republikeine een setel weg van meerderheid in huis van verteenwoordigers

Die Republikeine is op die punt om beheer oor die Amerikaanse huis van verteenwoordigers oor te neem. Die party het ‘n oorweldigende oorwinning verwag weens hoë inflasie en ontevredenheid met die Biden-administrasie. Maar daar was onverwags sterk steun vir die Demokrate, wat die huis sedert 2019 beheer. Byna ‘n week na die tussenverkiesing het die wedlope in Kalifornië en New York die Republikeine tot 217 setels opgestoot. Tans het die Demokrate 50 senaatsetels teenoor die Republikeine se 49 met 205 setels in die huis teenoor die Republikeine se 217, een setel weg van die 218 wat nodig was om ‘n meerderheid te kry.