Republikeine bevestig Biden-ondersoek

Nadat hulle ‘n meerderheid behaal het in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, sê die Republikeine hulle gaan ‘n ondersoek doen na die omvang van president Joe Biden se betrokkenheid by sy seun, Hunter, se sake-belange en -transaksies. In ’n voorlopige verslag wat gister uitgereik is, voer hulle aan die president het vir die Amerikaanse volk gelieg oor sy betrokkenheid by sy gesin se saketransaksies. Die aangewese voorsitter van die Huis-toesigkomitee, James Comer, sê die ondersoek sal voorrang geniet: