Repokoers verligting kan eiendomsektor ‘n hupstoot gee

Die Bank van Namibië het vandeesweek die repokoers met 25 basispunte verlaag na 6,5 persent. Dit was die eerste rentekoersverlaging sedert die verhogingsiklus in Junie 2022 begin het, en die repokoers in Namibië is nou 75 basispunte laer as in Suid-Afrika. Terwyl die koers relatief hoog bly, bied die verlaging ‘n mate van verligting vir huishoudings en besighede. ‘n Laer repokoers verlaag oor die algemeen leenkoste en stimuleer ekonomiese aktiwiteit deur toegang tot krediet te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zalia Dunn, hoofagent by Hot Property Namibia, oor of sy voorsien dat die eiendomsektor ‘n hupstoot sal kry.