Repokoers onveranderd op 3,75%

Die bank terugkoopkoers is onveranderd gelaat op 3,75 persent. Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak en sê die lae koers moet die plaaslike ekonomie ondersteun, veral nou met die derde vlaag infeksies.