Rent-A-Drum wil fasiliteite in Walvis, Lüderitz op die been bring
Rent-A-Drum blyk om sy bedrywighede uit te wil brei na Lüderitz en ook Walvisbaai. Volgens die jongste Tender Bulletin, vra die maatskappy, deur middel van Green Earth Environmental Consultants, dat partye wat as belanghebbendes en/of rolspelers wil registreer, dit by die omgewingskonsultante teen 21 Julie moet indien. Die doel daarvan is om kommentaar te lewer as deel van die omgewingsimpakstudie sowel as bestuursplan, vir ‘n materiaal-herwinningsfasiliteit op elke dorp. Die maatskappy beplan om die fasiliteite op erf 2048 op Lüderitz en erf 6254 op Walvisbaai op die been te bring.