Rekord vir langste ry blikkieskos in Kaapstad verpletter

Ladles of Love het die bestaande Guinness-wêreldrekord vir die langste ry blikkieskos verpletter. Die voedselsekerheids-organisasie in Kaapstad het die naweek 90 450 blikkies oor ‘n afstand van 6,7 kilometer by die V-en-A Waterkant in Kaapstad uitgelê. Dit is meer as die Kanadese rekord van 44 966 blikke. Ladles of Love se stigter, Danny Diliberto, sê meer as 1 000 vrywilligers het gehelp. Hy sê dit getuig van menslikheid.