Rekord smelting van yslaag in Groenland

Wetenskaplikes het onthul daar was nog ‘n massiewe smelting van die yslaag in Groenland. Navorsers van die Deense regering sê dit is genoeg water om die Amerikaanse staat Florida met vyf sentimeter te kan bedek. Dié gebeurtenis Woensdag was die derde grootste verlies aan ys op ‘n enkele dag in Groenland sedert 1950. Die ander gebeurtenisse was in 2012 en 2019. Die Deense Weerkundige Instituut berig somertemperature in die noordelike deel van Groenland oorskry tans 20-grade Celsius, wat twee keer hoër as die gemiddelde somertemperatuur is.