Rekord kanola-saad oes verwag in Suid-Afrika

Die eerste skatting van die Oesberamingskomitee vir wintergrane wys Suid-Afrika stuur
af op die produksie van ‘n rekord-volume kanola-saad. Die komitee sê die gebied onder
beplanting sal na verwagting met amper 34-persent toeneem, van verlede jaar se 74-
duisend hektaar tot 100-duisend-hektaar vanjaar. Dit behoort uit te loop op ‘n nuwe
rekord kanola-oes van meer as 18-persent meer as verlede jaar. Die vooruitsigte vir
gemoute gars is 40-persent minder, hoofsaaklik weens die uitwerking van Covid-19-
verwante beperkings op alkoholverkope.