Rekord Covid-gevalle in Japan

Japan het vir die eerste keer sedert die pandemie begin het, meer as 10 000 daaglikse gevalle bevestig met ‘n rekord van meer as 3 800 in Tokio. ‘n Maand gelede het die land minder as 1 000 nuwe gevalle aangemeld. Volgens die jongste berigte is daar ook reeds buitelanders wat in die land is vir die Olimpiese Spele, wat gehospitaliseer is in die hoofstad. Owerhede in die land het deurgeloop onder kritiek omdat die inentingsveldtog traag was om te begin. Die land het meer as 892 000 kumulatiewe gevalle met net meer as 15 000 sterftes.