Rekord Covid-gevalle in Duitsland

Duitsland se koronavirus-besmettingskoers het tot ‘n rekordhoogtepunt gestyg. Dit volg dae nadat die gesondheidsminister, Jens Spahn, gewaarsku het ‘n massiewe pandemie van oningeënte mense is besig om spoed op te tel. Die voorkoms-koers van die siekte oor ‘n sewe-dae-tydperk, wat die aantal mense is per 100 000 wat verlede week besmet is, het Maandag tot 201,1 gestyg. Dit is teenoor ‘n vorige hoogtepunt van 197,6 in Desember verlede jaar. Die Robert Koch-Instituut vir aansteeklike siektes sê nóg 33 sterftes is aangemeld wat Duitsland se totale sterftesyfer op 96 558 te staan bring. Duitsland het onlangs sy grense vir Namibiese burgers oopgemaak.