Reisigers na Namibië: Negatiewe PCR-toets nie ouer as 72 uur geldig

President Hage Geingob het tydens die aankondiging van die jongste Covid-regulasies gesê gesondheidsprotokol moet streng gevolg word en wetstoepassers kan aan besoekers van kroeë vir ‘n inentingspaspoort vra voor toegang toegelaat word.

Wat reisigers betref, is ‘n negatiewe PCR-Covid-toets, nie ouer as 72 uur nie, vanaf toets tot aankoms, geldig vir besoekers.