Rehoboth se vergadering tot volgende Sondag uitgestel

Enrico Junius, burgemeester van Rehoboth, herinner alle inwoners daaraan dat die openbare vergadering wat môre sou plaasvind, na volgende Sondag, 14 Augustus uitgestel is. Die vergadering was om verskeie kwessies met die gemeenskap te bespreek, wat wissel van ontwikkeling, dienslewering en kommerwekkende sake. Baie inwoners van Rehoboth, veral dié in informele nedersettings, het versoek dat dienste na hul gebiede gebring word, soos die behoefte aan straatligte, en toegang tot water en elektrisiteit. Junius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.