Rehoboth Mommies in Need ondersteun inwoners in nood

Rehoboth Mommies In Need, ‘n liefdadigheidsorganisasie in Rehoboth het die lewens van baie inwoners beïnvloed. Sedert hul bestaan word behoeftiges deur die organisasie bygestaan en tot op hede groei hulle steeds. Vir hierdie organisasie om voort te gaan met sy goeie werk, word mense aangemoedig om skenkings te maak. Elodine Cloete, stigter en eienaar van Rehoboth Mommies In Need, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.