Rehabilitasie-ponie ontvang vellies om sy werk te kan doen

Leather Connection in die hoofstad het velskoene vir ‘n rehabilitasie-ponie gemaak. Ja, jy het reg gehoor, ‘n ponie het velskoene gekry. Die ponie besoek hospitale en verskeie ander sentrums waar dit somtyds moeilik is vir hom om te loop en die vellies vergemaklik dinge. Henry Siebert, die bestuurder by Leather Connection, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.