Regulering van spazawinkels broodnodig 

Kommer neem toe oor ongereguleerde spazawinkels regoor die buurland. Vyf kinders is dood nadat hulle vermoedelik besmette kos geëet het wat hulle by ʼn spazawinkel in Gauteng gekoop het. In die Oos-Kaap is 143 leerders na die hospitaal gehaas nadat hulle volgens berigte voedselvergiftiging opgedoen het. ʼn Regskenner, Melusi Xulu, sê daar is talle regsroetes om dié spazawinkels se regulasies te beheer.